
Gebakte tamatiehoender. Foto: Koskaskos
Die heerlike en eenvoudige gebakte tamatiehoender lewer vier tot ses porsies.
Bestanddele:
- 6 hoenderborsies
- Een 500 g pakkie gemengde botterskorsie- en patatblokkies
- Een 400 g bottel Napolitaanse sous
- 500 g pakkie kersietamaties
- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- ‘n Handvol roketblare vir garnering
Metode
- Voorverhit die oond tot 180°C
- Rangskik die hoender, botterskorsie en patat in ‘n enkellaag in ʼn oondvaste bak.
- Giet die Napolitaanse sous oor die hoender en bak vir 40 minute.
- Verwyder die hoender uit die oond, voeg die tamaties by en bak vir ‘n verdere 40 minute.
- Geur na smaak en garneer met die roketblare. Sit met ‘n groenslaai voor.
Bron: Koskaskos deur François Ferreira
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering