Quantcast
Channel: Vleisgeregte | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 162

[Resep] Jagterspot met port, balsamiese asyn en droëperskes

$
0
0
Foto: Lekker & Vinnig: Potjiekos

Jagterspot met port, balsamiese asyn en droëperskes. Foto: Lekker & Vinnig

(Uit: Braaitreffers, Hannetjie Joubert)

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele:

  • 250 g streepspekvleis, in stukke gesny
  • olie vir braai
  • 2 kg ontbeende wildsvleis, in groot stukke gesny
  • 3 uie, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, gekneus
  • 250 ml aftreksel
  • 250 ml droë rooiwyn
  • 20 ml port
  • 200 ml balsamiese asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 lourierblare
  • 50 ml gekapte gemengde vars kruie
  • 10 ml aalbessiejellie
  • 800 g droëperskes, oornag geweek
  • ± 20 jong aartappels, ongeskil
  • ± 20 pekeluie, geskil

Metode:

  1. Braai die spekvleis in ʼn no. 3-driepootpot oor die kole tot bruin. Skep dit uit en hou eenkant.
  2. Verhit die olie en braai die vleis ʼn paar stukke op ʼn slag tot bruin.
  3. Voeg die vleis en res van bestanddele, behalwe aalbessiejellie, perskes, aartappels en uie by. Bedek en laat prut vir 3 uur tot amper gaar.
  4. Roer aalbessiejellie in en plaas perskes, aartappels en uie bo-op die vleis. Bedek en laat prut vir nog 1 uur, of totdat vleis en groente sag is.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 162