Quantcast
Channel: Vleisgeregte | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 162

[Resep] Sout-en-peper-tjops met knoffel-aïoli

$
0
0
Bron: Japtrap Braai Uitgewer: Random House Struik

Foto: Japtrap braai

Aïoli is ʼn Franse woord vir mayonnaise, gewoonlik tuisgemaak, waarby baie vars, fyngedrukte knoffel gevoeg is. Om tyd te bespaar, kan jy eenvoudig mayonnaise van goeie gehalte koop en net vars knoffel byvoeg. Aïoli werk goed saam met groente-crudités en ander peuselhappies wat ʼn doopsous nodig het. Dit is ook ʼn goeie slaaisous

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 8 lamlendetjops van die beste gehalte
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Aïoli-doopsous

  • 250 ml (1 k) mayonnaise van goeie gehalte
  • 3-4 knoffelhuisies, fyngedruk

Metode:

  1. Vryf die tjops met die olyfolie in en geur met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit. Braai vir 7-10 minute aan ʼn kant totdat dit heerlik bros is.
  2. Meng al die bestanddele vir die aïoli en sit dit as doopsous saam met die tjops voor.
  3. Om reg daaraan te laat geskied, eet dit met jou vingers.

Vir ʼn volledige en voortreflike maaltyd, geniet dit saam met Franse brood, wat jy ook in die aïoli kan doop en ʼn bottel yskoue witwyn.

Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik


Viewing all articles
Browse latest Browse all 162

Latest Images