Hierdie ribbetjies lyk so heerlik, mens gaan beslis nie eetgerei nodig hê nie…
Genoeg vir 4
Bestanddele:
- 800g varkribbetjies, in vier stukke gesny
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 k (125 ml) Clover Krush Tropical sap
- ½ k marmelade
- ¼ k tamatiesous
- ¼ k (60 ml) Hoisin-sous
- 1e (15ml) fyngerasperde vars gemmer
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1 t (5ml) droë brandrissie-vlokkies
Metode:
- Voorverhit die oond tot 150°C en voer ʼn bakplaat uit met bakpapier.
- Geur die ribbetjies met sout en peper en sit eenkant.
- Plaas die oorblywende bestanddele in ʼn mengbak en meng goed.
- Doop eike stuk varkrib in die marinade en rangskik op die bakplaat. Hou van die marinade eenkant.
- Bedek en bak vir 45-55 minute.
- Haal uit die oond, plaas die ribbetjies op ʼn baie warm braai en bedruip met die ekstra marinade. Braai tot sag en mooi bruin.
Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa