Jy hoef vir geen besondere rugbyspan te skree om hierdie potjie te geniet nie, maar ons vermoed dit smaak beter as jy nie die Blou Bulle ondersteun nie …
(Uit: Eet saam, GKSA)
Lewer 10-12 porsies
Bestanddele:
- 3 uie, gekap
- 250 g sampioene, afgevee en in skyfies gesny
- olyfolie vir braai
- geurselsout
- 250 g spekvleis, gekap
- 250 g frankforter-wors, gekap
- 250 g kaasworsies, gekap
- 250 g skroefnoedels
- 1,5 liter kookwater
- 1 kg biltong in 1 cm-blokkies gesny
- 410 g (1 blik) pitmielies
- 3 soetrissies, gekap
- 250 g (625) ml gerasperde kaas
- 500 ml room
Metode:
- Braai die uie en die sampioene in olyfolie in ʼn potjie. Geur dit met geurselsout.
- Voeg die spekvleis by en braai 2 minute.
- Voeg die worsies by en braai 5 minute.
- Voeg die skroefnoedels en die kookwater by. Roer deur. Maak die pot toe en kook 20 minute.
- Voeg die biltong, pitmielies en soetrissies by.
- Sit die deksel op, prut 5 minute en roer dit deur. Sorg dat dit nie droogkook nie.
- Verwyder van hitte. Voeg die kaas en room by en laat 5 minute staan.
- Sit dit met mengelslaai
Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa