Quantcast
Channel: Vleisgeregte | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 162

[Resep] Wildsvleisfrikkadelle

$
0
0
Frikadella

Foto: Pixabay.com

Hierdie frikkadelle is ʼn heerlike afwisseling van die gewone frikkadelle en is ook lekker vir die kosblik.

Bestanddele:

  • 3 kg gemaalde wildsvleis
  • 8 eiers
  • 1/2 bruin brood, geweek in water. (Moenie te droog uitdruk nie want die water verseker die frikkadelle is nie te dig nie)
  • 1 k fyngekapte uie
  • 4 e baie fyn gerasperde wortels
  • 6 t sout
  • 1 t peper
  • 1 e Aromat

Metode:

  1. Meng alles goed saam met vurk.
  2. Maak bolleljies en bak in oond of braai in kastrol.
  3. Die rou frikkadelle vries ook baie goed.

Bron:

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636


Viewing all articles
Browse latest Browse all 162